Jou CV en ons 29% werkloosheid

AS JY SLIM TE WERK GAAN, KAN JY SELFS IN 2019 WERK KRY

Die resultate vir die tweede kwartaal van 2019 wat Statistieke Suid-Afrika vrygestel het, dui daarop dat die amptelike werkloosheidsyfer met 1,4 persentasiepunte gestyg het tot 29,0% in vergelyking met die eerste kwartaal van 2019. Die aantal werklose persone het in die tweede kwartaal van 2019 met 455 000 tot 6,7 miljoen toegeneem teenoor kwartaal 1 van 2019.

Daar was ongeveer 10,3 miljoen persone tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar in die tweede kwartaal van 2019. Die persentasie jongmense tussen 15 en 24 jaar wat nie werk, onderwys of opleiding gehad het nie, het met 0,9 van 'n persentasiepunt gedaal tot 32,3% (3,3 miljoen) vergeleke met kwartaal 1 van 2019. Van die 20,4 miljoen jongmense tussen die ouderdomme van 15-34 jaar was 40,3% nie in diens, onderwys of opleiding nie - 'n afname van 0,3 persentasiepunte vergeleke met kwartaal 1 van 2019.

Hierdie prentjie lyk maar bleek en word daagliks herhaal in die nuusberigte. Feit is dat vooruitsigte om werk te kry, nie in die nabye toekoms gaan verbeter nie.

DAAR IS DAREM LIGPUNTE

Daar is egter ‘n paar ligpunte. Werk is wel beskikbaar, maar soos ons elke dag by kliënte hoor, is daar ‘n groot aantal aansoekers vir elke denkbare pos wat geadverteer word. Werkgewers kan dus kies en keur, dikwels tot hul voordeel. Die vraag is, wat kan jy doen om jou kanse om werk te kry, te verbeter? Hier is ‘n paar belangrike wenke:

· Sorg dat jy ten alle tye ‘n op-datum CV, of tenminste ‘n tydlyn van jou studies en poste wat jy beklee het, asook pligte ens. gereed het. Dit stel jou in staat om vinnig te reageer as daar ‘n werksgeleentheid opduik. Dit maak nie saak hoe die uitleg van jou CV lyk nie. Ons sal dit regmaak. Ons word dikwels genader om ‘n CV die volgende dag gereed te hê en dan het daardie persoon geen inligting gereed wat ons kan gebruik nie.

· Maak seker dat jy ‘n lys van jou vaardighede gereed het. Ons vind dat die meeste mense nie self hul belangrikste vaardighede kan identifiseer nie – tot hul eie nadeel. Om hierdie rede spandeer ons baie tyd om alle sleutelinligting by jou te kry, deur middel van ‘n vraelys wat ons oor ‘n tydperk ontwikkel het.

· Die uitleg van jou CV is baie belangrik. Ons pas elke CV aan by jou spesifieke behoeftes. Ons professionele CV’s is uniek vir elke persoon. Dit is al manier om vir ‘n onderhoud genooi te word. Omdat daar so ‘n groot aantal aansoekers vir elke vakante pos is, spandeer die werkgewer al hoe minder tyd aan ‘n CV, voordat dit asblik toe gaan.

· Moet nie tyd mors nie. Verbeter jou vaardighede terwyl jy werk soek. Al beteken dit dat jy selfs vrywillige werk doen vir ervaring. Dit vul ook jou CV aan, as jy nog min, of geen werksondervinding het nie.

STUUR JOU CV VIR ONS

Jy is welkom om jou CV vir ons te stuur vir evaluering. Indien die CV verander of aangepas moet word vir meer impak, sal ons vir jou ‘n kwotasie gee. Dit sluit ‘n konsultasie in as jy in Potch of omgewing woon, of alternatiewelik ‘n telefoniese konsultasie.

ONS KONTAKBESONDERHEDE

Stuur jou CV vir evaluasie aan: louis@careerprofiles.co.za

of kontak ons direk by: 072 103 1909