HOE OM WERK TE SOEK TYDENS DIE KORONAVIRUS PANDEMIE

Namate die COVID-19 virus versprei, veroorsaak dit groot probleme vir werkgewers en dus ook vir persone wat werk soek. Sommige ondernemings het boonop nuwe aanstellings gevries en daar was ook talle afdankings.

Maar nou is die tyd om koelkop en gefokus te bly om werk te kry. Onthou – alhoewel nuwe aanstellings afgeneem het, moet maatskappye steeds bly voortbestaan, veral wanneer dinge weer begin normaliseer. Dit is moontlik dat maatskappye verlore tyd sal probeer inhaal, wat dalk net nuwe werksgeleenthede kan skep. Wat ons ook moet besef, is dat niks hierna weer dieselfde gaan wees nie.

HIER VOLG 'N PAAR WENKE VIR WERK SOEK IN HIERDIE ONSEKERE TYD

Die regte ingesteldheid verbeter jou kanse om 'n werk te kry

As jy toelaat dat vrees jou laat voel dat daar nie geleenthede om werk te kry, vir jou beskikbaar is nie, sal jy geen geleenthede vind nie. Wees eerder optimisties en kweek ʼn positiewe gesindheid in hierdie tyd. As jy gefokus bly, sal jy wel die regte geleenthede en ʼn oplossing vind.

Wees gereed virtuele video onderhoude

Video-onderhoude word nou vir onderhoudvoering gebruik om a.g.v. die Corona-virus, fisiese kontak te vermy. Dit is daarom baie waarskynlik dat jy jou eerste paar onderhoude, telefonies of per video sal moet doen. Wees dus voorbereid hierop en sorg dat jy weet hoe om Google Meet op te stel en te gebruik. Toets dit met ʼn vriend en stel dit so op dat daar ʼn goeie agtergrond is, sonder enige steurende items. Sorg dat jou gesig van voor af belig word. Wees netjies en professioneel tydens die onderhoud.

Praktiese aanlyn opleiding om 'n professionele video onderhoud uit te voer

Ons bied praktiese video opleiding om jou te help om die video onderhoud professioneel op Google Meet uit te voer en die beste moontlike indruk te maak.

Skakel ons by: 072 103 1909 om 'n bestelling te maak.

Fokus daarop om aanlyn te netwerk

Net omdat ons almal sosiale distansiëring moet beoefen, beteken dit nie dat jy nie na mense in jou industrie kan uitreik en met mekaar kan saamwerk nie. Maak kontak met persone wat reeds op jou netwerk is. Deel inhoud in jou LinkedIn, wat jou professionele spesialiteite ondersteun en nooi persone wat by jou teiken ondernemings werk, om kontak te maak. Gedurende hierdie stilstand, met die meeste van ons wat tuis sit, is dit die perfekte geleentheid om nuwe konneksies te bou en oues te laat herleef. As jy dit doen, sal jy in 'n gunstiger posisie wees, om vinniger uit te vind van moontlike vakatures.

Fokus in jou CV, op jou persoonlike uitstaande eienskappe

Gebruik die beskikbare tyd om jou CV professioneel op datum te bring en jou dekbrief te hersien. Maak dit so maklik as moontlik vir 'n werkgewer, om jou unieke eienskappe en kwalifikasies vinnig raak te sien. Skep 'n persoonlike profiel, wat duidelik uiteensit wat jy doen, hoe jy dit doen en wat jy volgende wil doen.

Verbeter jou vaardighede

Tydens die COVID-19 lockdown is dit belangrik om te fokus op aspekte wat jy wel kan beheer, naamlik om jou vaardighede te verbeter en ʼn sterk netwerk te bou. Gebruik jou vrye tyd bv. om aanlyn klasse te loop, by EdX (www.edx.org) en Alison (www.alison.com) om maar net ʼn paar te noem. Google ook "Free online training courses". Jy kan nou die grondslag lê, sodat jy, wanneer die krisis verby is en die deure weer oopgemaak het, kan floreer.

Sorg dat jy ʼn opgedateerde, professionele CV gereed het

Ons kry gereeld benoude oproepe van persone wat dringend ʼn CV moet instuur, maar wat slegs ʼn verouderde, of soms geen CV of dekbrief het nie, om nie eers te praat van ʼn professionele CV nie. Sorg dus dat jy ʼn professioneel opgestelde en op datum CV ten alle tye gereed het. Dit kan die verskil maak of jy daardie werk gaan kry, of nie. In hierdie moeilike tye, moet jy voorbereid wees, om enige geleentheid wat skielik mag opduik, vinnig te benut. Tweede kanse is skaars in hierdie tyd van uiterse werkskaarste.

Ons sal jou CV gratis evalueer

Kontak ons as jy meer inligting nodig het, of stuur jou CV na: info@careerprofiles.co.za. Ons sal jou CV gratis vir jou proeflees en ʼn eerlike opinie gee. Indien nodig, kan ons jou help met die opstel van ʼn professionele plaaslike, of internasionale CV en dekbrief. Dit kan jou kanse om ʼn werk te kry, baie verbeter.

Skakel ons sommer nou by 072 103 1909