Wees voorbereid vir daardie ideale werk

WEES VOORBEREID VIR DAARDIE IDEALE WERK

Is jou CV gereed en op datum om vir daardie ideale werk aansoek te doen, wat skielik oor jou pad kom? Baie mense sit met CV’s wat miskien 5 of 10 jaar gelede vir hulle ‘n werk kon losslaan. Tye het egter verander en daardie CV, sal nou moontlik reguit snippermandjie toe gaan.

Ons sien gereeld CV’s wat tot 12 bladsye lank is. Wat interessant is, is dat ons daardie CV’s kan verkort na 2 bladsye, wat soms nog meer inligting bevat as die oorspronklike CV.

’n CV wat spesifiek geteiken is, vir die werk waarvoor jy aansoek doen, verrig wondere, veral as dit boonop kort en kernagtig is. Die doel van ‘n CV, is om jou kennis en oordraagbare vaardighede so doeltreffend moontlik aan te bied vir ’n toekomstige werkgewer. Die manier waarop jy die inligting aanbied, is alreeds ‘n goeie maatstaf van jou insig en doeltreffendheid.

Gratis evaluering van jou CV.

Jy is welkom om jou CV aan ons te e-pos vir ’n gratis evaluasie. Ons sal jou dan laat weet of ons enige aanbevelings het.

Uit ervaring weet ons, dat ’n CV wat saam met jou opgestel word, die ideaal is. Dit is egter nie altyd moontlik nie en in daardie geval kommunikeer ons per e-pos.

Jou CV moet geteiken wees vir elke werk
Kontak ons