Rekenaaropleiding vir admin personeel

Rekenaaropleiding Potchefstroom

REKENAAROPLEIDING VIR ADMINISTRATIEWE KLERKE EN ANDER ADMINISTRATIEWE PERSONEEL IN POTCHEFSTROOM EN OMGEWING:

  • Microsoft Word
  • Microsoft Excel
  • Microsoft Outlook
  • Microsoft PowerPoint

Op wie fokus ons rekenaaropleiding?

Ons rekenaarklasse fokus op persone in administratiewe poste by skole, kerke, kleinsake ondernemings en ander kantoorpersoneel. Dit sluit in: ontvangsdames, administratiewe klerke, administratiewe assistente (admin assistants) en persoonlike assistente (PA's). Rekenaaropleiding is ook essensieel vir entrepreneurs en almal wat 'n besigheid bedryf. Kontak ons gerus as jy ander gespesialiseerde opleiding benodig.

Wil jy weer gaan werk?

As jy weer na 'n tydperk van afwesigheid, wil gaan werk en onseker is van jou rekenaar vaardighede, kan ons jou vinnig op datum bring met ons MS Word, Excel, Outlook en Powerpoint klasse. Ons opleiding verbeter jou kanse geweldig om 'n werk te kry.

Wat het jy nodig om rekenaargeletterd te wees?

Wanneer van kantoorpersoneel verwag word, om "Rekenaargeletterd" te wees in die meeste werkadvertensies, beteken dit gewoonlik dat jy ten minste op hoogte moet wees met die Windows 7, Windows 8.1 en Windows 10 bedryfstelsels (operating systems). Voeg hierby Microsoft Word, Microsoft Excelen Microsoft Outlook.

Kennis van PowerPoint en hoe om 'n wenner PowerPoint voorlegging (PowerPoint presentation) op te stel en aan te bied, sal ook 'n sterk pluspunt wees vir enige administratiewe pos. Daar kan ook van jou in enige administratiewe pos verwag word, om te weet hoe om inligting op die Internet te vind en internet navorsing te doen. Ons het spesiaal uitgewerkte, kort en kragtige lesings vir ons Word, Excel en Outlook klasse ontwerp, om jou vinnig aan die gang te kry in al bogenoemde rekenaarvaardighede, sonder om vir lang tydperke van die werk weg te wees. Ons rekenaaropleiding is op die punt af en gefokus op die praktyk. Telefoonetiket, kommunikasie in die werkplek, die skryf van notules, liassering en e-pos etiket word ook behandel. Klik hier om ons te kontak vir meer inligting.

Rekenaaropleiding alleen is nie voldoende as jy 'n administratiewe pos beklee nie - kommunikasie vaardighede is belangrik

Aangesien rekenaaropleiding alleen, nie voldoende is om suksesvol in 'n administratiewe omgewing te funksioneer nie, bied ons ook praktiese wenke en opleiding om jou kommunikasie in die werkplek, sowel as jou administratiewe vaardighede op te knap. Ons opleiding sluit in: Goeie telefoon etiket, die skryf van notules vir vergaderings, doeltreffende liassering, e-pos etiket, hantering van konflik in die werkplek, kommunikasie vaardighede en vele meer.Kom vinniger op dreef met kantoor spesifieke sagteware

Die rekenaarvaardigheid waarmee ons jou toerus, help jou om vinniger op dreef te kom met spesifieke sagteware (billing software) wat gebruik word, in die meeste dokterspraktyke, oogkundige en tandartspraktyke.

As jy dus 'n administratiewe pos soos bv. ontvangs, administratiewe klerk, admin assistent, of persoonlike assistent het en jou vaardighede wil verbeter, kontak ons vir rekenaaropleiding, of om jou administratiewe vaardighede op te skerp.

Rekenaaropleiding vir entrepreneurs en kleinsake ondernemings

Ons bied ook rekenaaropleiding in Potchefstroom aan vir entrepreneurs en persone wat kleinsake ondernemings besit, of beplan om 'n kleinsake onderneming te begin. Dit sluit in elektrisiëns, loodgieters, verkoopspersoneel, eenmans besighede en vele ander beroepe.

Ons Microsoft Excel opleiding stel jou in staat om beter finansiële besluite te neem en finansiële rekords te hou. Dit sluit in: Finansiële berekenings, die opstel van finansiële state, begrotings, fakture ens. Klik hier om ons te kontak vir meer besonderhede.

Contact Us/Kontak ons

Klik hier as jy meer inligting benodig oor ons rekenaaropleiding vir beginners.

OUR COMPUTER TRAINING AND COMMUNICATION SKILLS TUTORING TO UPGRADE

YOUR ADMIN SKILLS, IS ALSO AVAILABLE IN ENGLISH.

If you live in Potchefstroom or vicinity, please feel free to contact us, if you need more information on our one-on-one computer training for office admin personnel.

Communication in the office

We also offer coaching to improve your communication skills in the office.