POTCHEFSTROOM

Rekenaarklasse vir beginners


REKENAARKLASSE VIR SENIORS EN BEGINNERS IN POTCHEFSTROOM EN OMGEWING

Ons bied een tot een basiese rekenaaropleiding aan, vir seniors, afgetredenes, tuisgebruikers en beginners in Potchefstroom en omgewing, wat nie voorheen blootstelling aan rekenaars of rekenaaropleiding gehad het nie. Dalk het jy jou eerste rekenaar as geskenk gekry en weet byna nie eers waar om dit aan te skakel nie. Ons basiese rekenaarklasse vir beginners en seniors bring jou gou op spoed. Ons rekenaaropleiding word ook in 'n rustige omgewing aangebied. Kry jou rekenaaropleiding teen jou eie tempo.Wees onafhanklik van die kinders en hanteer al jou eie korrespondensie met die rekenaar. Dit sluit bv. in: mediese eise, navrae en rekeninge, nuutste state van jou beleggings en vele meer. Dis makliker as wat jy dink.

Met ons rekenaarklasse in Potchefstroom word jy geleer hoe om die rekenaar vinnig baas te raak en dit te gebruik om:

  • Te Skype met die kinders, of vriende oorsee
  • Briewe, insluitende sakebriewe te tik
  • Jou kleinsake onderneming, of jou persoonlike maandelikse begroting met Microsoft Excel op te stel
  • E-pos te stuur, te ontvang en foto's aan te heg
  • Kaartjies te ontwerp en te druk (groetekaartjies, verjaardagkaartjies, gelukwens kaartjies, geestelike kaartjies, troukaartjies ens.)
  • Hoe om inligting op die internet te vind, bv. oor jou stokperdjies en vele meer.

Lees meer oor ons rekenaarklasse vir kantoor- en administatiewe personeel

Klik hier om ons te kontak

POTCHEFSTROOM

OUR COMPUTER TRAINING FOR BEGINNERS AND PEOPLE WITHOUT ANY

PREVIOUS COMPUTER EXPERIENCE, IS ALSO AVAILABLE IN ENGLISH.

If you live in Potchefstroom or vicinity, please feel free to contact us, if you need more information on our one-on-one computer training for beginners.