Sukkel jou kind met lees en leer?

My kind sukkel met lees en leer probleme

ONS HELP KINDERS WAT SUKKEL MET LEES- EN LEER PROBLEME

In ons een-tot-een ekstra klasse, in Potchefstroom, gee ons studiehulp aan kinders wat op skool sukkel met spel, lees- en leerprobleme. Ons verbeter die kind se skool prestasie, deur gebruik te maak van kragtige visuele materiaal wat ons spesifiek vir die doel ontwikkel het. Met ons sagteware kan ons jou kind se leesspoed aanvanklik bepaal en dan meet wat die verbetering is, soos die opleiding vorder.

Ons gebruik ook professionele opleidingsprogramme, om jou kind se spelling te verbeter, belangstelling te prikkel en hom, of haar te voorsien van die regte studiemetodes om te kan presteer.

INDIVIDUELE AANDAG

Die individuele aandag wat jou kind in ons een-tot-een klasse ontvang, verseker dat lees- en leerprobleme vinniger raakgesien en reggestel kan word. Die verbetering is gewoonlik te sien in die toets en eksamen punte. Ons kan jou kind help.

JOU KIND KAN BEGIN PRESTEER

Ons moet onthou dat elke kind uniek is – niemand is gemiddeld nie, ook nie jou kind nie.

Te veel kinders in ʼn klas, maak dit baie moeilik om individueel aandag te gee aan elke kind se unieke leer behoeftes en so word ʼn kind maklik opgeneem in ʼn groep van gemiddeldes.

Met ons studiehulp kan jou kind ophou sukkel met lees- en leerprobleme en begin presteer.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor ons ekstra klasse en individuele een-tot-een studiehulp aan kinders wat sukkel met lees- en leer probleme. Ons is in Potchefstroom en dus binne bereik van Klerksdorp, Ventersdorp, Viljoenskroon, Ottosdal, Parys, Carletonville, Fochville en ander dorpe in die omgewing. Ouers bring gewoonlik hul kinders vir 2 uur lange sessies en die resultate is baie positief. Verwysings is beskikbaar.

Ons Fooie

Klik hier om ons te skakel vir inligting oor ons baie bekostigbare fooie.

OUR HELP FOR CHILDREN WITH READING PROBLEMS AND OTHER LEARNING DIFFICULTIES IS ALSO AVAILABLE IN ENGLISH.

Please feel free to contact us, if you need more information on our one-on-one assistance for children with learning difficulties, if you live in Potchefstroom or vicinity.